J-Sound is proud to supply houtkruis the musical with the technical equipment needed for this amazing theatre production!
8 moving heads(4 x 250W spots, 4 x 575 washes) LEd parcans, smoke effects, haze, flame projectors, trussing, rigging, sound system, monitoring and wireless headsets and lapels are include in this temporary installation!
Catch the show near you!
|
Tour schedule |
||
| 22 to 28 Sept | Nelspruit | |
| 30 Sept to 7 Oct | Bloemfontein | |
| 27 Oct to 2 Nov | Middelburg | |
| 17 to 23 Nov | Secunda | |
| 16 to 21 Dec | Carnival City | |
| 9 to 15 Feb | Potchefstroom | |
| 23 feb to 1 Mar | Rustenburg | |
| 9 Mar to 5 April | Artscape Capetown | |
| 6 April to 11 April | KKNK |
Delmas just finished - here is some comments from the crowd!!
Aan almal wat 'n aandeel het aan Houtkruis Delmas,
Sommer net 'n kort brief van waardeering vir dit wat julle vermag het!
Ons was gisteraand behoorlik uit die veld geslaan!!!! Wat 'n trots was dit nie om te kan sê dat dit mense van ons eie dorp is wat so 'n ongelooflike talent ten toon stel! Julle passie en toewyding was tasbaar en voer mens so mee dat jy eers as als verby is weer besef jy sit in 'n kerk in Delmas (tussendeur voel dit of jy iewers in 'n groot teater is so professioneel en talentvol kom julle oor). Dit was voorwaar 'n voorreg. Mens kan ook niemand uitsonder nie want nes die een karakter jou hart steel doen 'n ander een ook iets spesiaals.
Ons het die Houtkruis in die Staatsteater tweemaal gekyk en kan met oortuiging sê dat julle geen tree agteruit staan nie, in teendeel daar was gisteraand soveel toewyding en oorgawe op die verhoog dat julle in my boek kop en skouers bo die ander uitstaan.
Sterkte vir die res van die week wat voorlê, mag dit 'n dawerende sukses wees en julle van krag tot krag gaan. Mag God julle seën en elkeen van julle in sy hand hou en toevou in sy liefde.
Ons is trots op julle wat nie julle talente onder 'n maatbeker wegsteek nie maar voluit vir God lewe, ... en soveel te meer julle hemelse Vader.
Baie dankie julle het ons lewens verryk!!
Henk en Marlene Geyser
PS: in die woorde van ons 5 jarige seuntjie: "Mamma, dit was die mooiste konsert wat ek nog in my lewe gesien het, behalwe vir daai rooi oom, hy gaan almal verbrand!"
(09/09/08)
Aan alle betrokkenes van die Houtkruis:
Ons het gisteraand die voorreg gehad om die opvoering van die Houtkruis by te woon. En.....wat 'n belewenis!!
Die hoofspelers sowel as die koor was sonder uitsondering uitmuntend! Mens kan dit skaars glo dat Delmas oor sulke talent beskik!
Baie baie dankie vir julle insette en opofferings! As julle maar weet hoeveel harte julle daardeur geraak het, sal dit julle werklik aanspoor om hierdie week vol te hou met jul puik vertoning!
As inwoners van Delmas wil ons julle baie hartlik bedank vir dit wat julle vir ons gegee het!
Ons is trots op julle en wens julle net die allerbeste toe en gee aan ons Hemelse Vader al die eer dat Hy julle gebruik het as werktuie vir Christus.
Sterkte en goeie wense
Die Rossouw familie (11/09/08)